In 1973 getroud met Pat (Fisioterapeut). Ons het drie kinders: Liesl (Taalpraktyk en LLB) wat vier kinders het en in Nieu-Seeland woon; Michelle Linström (Projekbestuurder by Kiwi Rail in New Zeeland) met tweelingdogtertjies en Michael (B Sc Genetika asook Mediese spesialis in Hematologie) wat twee kinders het en in Kaapstad woon. Michael was van sub A tot matriek in Grey en was in 2003 Matrikulant van die Jaar.
Ek was vir drie jaar op UOVS in Reitz Kamerwonings (waar ek die eerste week uitgevind het ek is die ou teen wie my ma my gewaarsku het). Ek het op die treine gestook om my aan die lewe te hou. Was kaptein van Reitz se rugbyspan en het in 1974 saam met die Shimlas na Europa getoer. Was ook daarna kaptein van Stadshuis.
Werk drie jaar by Bantoe-administrasie en drie jaar by Mike Pieterse in Bloemfontein, vier jaar by Gilbeys en het ook ‘n Tattersals-lisensie bedryf. Vier jaar as ‘n finansiële konsultant en 25 jaar by Gesondheidsdienste, waarvan ek veertien jaar registrateur was van die Free State School of Nursing. Direkteur vir 10 jaar by ‘n ontwikkellingsmaatskappy in Rheebok in die Kaap.
In 2009 afgetree by Gesondheidsdienste en bly sedert 2019 in die aftree-oord Groenkloof Rheebok naby Groot Brakrivier.