Header Image

Alewyn Vorster

In standerd 7 by Grey aangekom van ‘n heelwat kleiner, gemengde skool in Alberton en bietjie oorweldig gevoel. In matriek het ek vir die Cherries (een wedstryd vir die Peaches) en eerste span senter gespeel, asook Vrystaat-skole se duikspan gehaal.

Ek het twee sosiale jare as mediese “student” by Ikeys deurgebring, waarna my ouers my direk Army toe gestuur het. Ná my tyd by 1 SSB in Bloemfontein, het ek fisioterapie by Kovsies geswot, waar ek weer verenig is met ou skoolpelle soos Gustav van As en Maccie van der Merwe. Ek het senter en haker (WTF!) vir stadshuis gespeel en darem daarin geslaag om graad te vang.

Getroud met Thresia Coetzee (‘n Tralie!) en ná ‘n jaar Kaap toe waar ek my eie praktyk begin het, wat ek steeds bedryf. Ek het vier kinders (een in die Kaap, een in Johannesburg en twee oorsee), en vyf kleinkinders. Thresia is in 2013 oorlede.

My lewensmaat, Lindsay, het ook vier kinders en tien kleinkinders. Ek het vier Two Ocean-marathons en verskeie standaardmarathons gehardloop voordat ‘n kniebesering wat ek in standerd 8 in ‘n rugbywedstryd opgedoen het, my gedwing het om my hardloopskoene op te hang.

Ek het vir tien jaar geroei (kanovaart) en toe oorgeskakel na fietsry wat nou my groot liefde is.

In Desember 2020 het Alewyn (toe 70) die oudste deelnemer geword wat die uitmergelende Munga-fietstoer oor 1 100 km van Bloemfontein na Wellington voltooi het. Dit het hom 110 uur geneem om die afstand af te lê, waartydens hy slegs 10 uur gerus het.  Tom Ferreira

< Back to our profiles