There was Ploddy Earp, who ran the library; Patat Cronjé who continuously encouraged us to put some “zir” into it; Old Crappy in the wood-work class; and Piskriek opening up the wonderful world of physical science. I also fondly remember Chain, Biscuits, James Bond, Sheppie Shepstone and last, but not least, the inimitable Joe Barry, Des Schonegevel, George Sabbagha, Dawie Marquard and AK Volsteedt.
Hans Arendt het altyd in verkleinwoordjies gepraat: “Het julle jul huiswerkies gedoen? Haal uit julle potloodjies en skryfblokkies. Ons gaan nou ‘n paar eksperimentjies doen.” Dan was daar Baf Bornman wat altoos dinge “dadelik indien nie gouer nie” gedoen wou hê.
Toemaar, ek het glad nie vergeet nie van die asemrowende mev. Dina Haller, die Duitse onderwyseres met haar blonde hare, welgeskape bene en kort rokkies. Ek word skoon verleë wanneer ek terugdink aan hoe ons spulse jong manne behoorlik ‘n erewag gevorm het wanneer sy van een klas na ‘n volgende beweeg.
Ek onthou ook vir Stonie Steenkamp, Karel Pienaar, Nic van der Walt, Jaap Rousseau, Poon van Rensburg, die handvol Strydoms (Willie, Steve, Kallie, ou Uil en Staal Burger), Michau Heyns, Travers Jordaan, Barend Boude, Boer Fourie, Zaza Fichardt, David Gray, Nic Fourie, Lappies Labuschagne, Piet Streeknuus, Nic du Plessis (wie se bynaam nie publiseerbaar is nie), en die waardige mevv. Ina Volsteedt en Susan Pretorius.
En natuurlik, die een en enigste Ewie Cronjé. Toe my ouer broer, Stef, ná my eerste dag op Grey by my wou weet wie my klasonderwyser is, kon ek nie op Ewie se naam kom nie. “So ‘n bakgat windgat,” het ek hom beskryf. “O,” het hy dadelik gesê: “Dit is Ewie Cronjé.”
It was only in later years that I really appreciated the tremendous influence that all of these giants had on my life. For that, I honour them.
Tom Ferreira